Media Verklaring: Gatskop Musiek in Afrikaans!

DJ DynamietIn Oktober 2008 het ‘n welbekende omroeper op Radio Sonder Grense (RSG), Fritz Klaaste, vir die afgetreede Engelse musikant, Sean Burke, na sy kantoor ontbied vir ‘n vergadering. Daar het hy vir Sean vertel dat hy al jare sy loopbaan noukeurig volg en was teleurgesteld toe hy verneem het dat Sean nou afgetree het uit die musiekbedryf.

Na 5 albums en 11 musiekvideos as ‘n onafhanklike kunstenaar, musiekvideos op MTV in die VSA en Channel O, asook ‘n nominasie as een van die top 5 kunstenaars in die musiek kategorie van die “Top Billing Lifestyle Awards”, was Sean klaar met die musiekbedryf…

Fritz vertel toe vir Sean hoeveel hy hom respekteer weens sy gedisiplineerde werks etiket, sy gesonde lewensstyl en musiek vernuf, en ook weens die feit dat hy dekades tevore kontak gemaak het met die groep, The Invaders, van wie Sean se pa, John Burke, die leier was.

Frits het ‘n uitdaging aan Sean voorgelê – hy het ‘n beroep op hom gedoen om musiek in Afrikaans te maak, om Afrikaanse musiek meer van ‘n internasionale popklank te gee met sy unieke mengsel van dansmusiek, hip-hop en R&B.

Sean het eers hewig vasgeskop omdat hy alreeds 2 jaar tevore besluit het om uit die musiekbedryf te tree om meer aandag aan sy besigheid te bestee, en ook omdat hy nooit daaraan gedink het om liedjies in Afrikaans te skryf nie. Alhoewel hy beide Engels en Afrikaans as Eerste Taal vakke op skool geneem het, is hy Engelssprekend, en was dit veral ‘n vreemdheid om “rap” lirieke te skryf in Afrikaans.

Fritz het sy arm gedraai om ten minste een liedjie te skryf en op te neem om sodoende ‘n gevoel vir Afrikaanse musiek te kry. Na die geboorte van die liedjie “Somerdae”, het die Afrikaanse gogga omtrent vir Sean gebyt. Skielik was daar ‘n heel nuwe woordeskat wat hy mee kon eksperimenteer om homself uit te druk, en mettertyd was dit nie net iets wat hy in sy vrye tyd gedoen het om Fritz van sy rug af te kry nie, maar dit het ontaard in ‘n nuwe passie. Dit het ook weer die kreatiewe musieksy in hom wakker gemaak.

Sean wou ‘n definitiewe onderskeid tref tussen sy Engelse musiekpersoonlikheid en sy nuwe Afriikaanse alter ego, en dit het gelei tot die geboorte van Dj Dinamiet!

11 nuwe liedjies later, en Dj Dinamiet het nou ‘n volwaardige album wat hy beskryf as “”. Hy wil ‘n voortrekker van Afrikaanz wees wat die genre in ongetemde gebiede kan neem, wat voorheen ontoeganklik was. In die titelsnit “Ek Sit Die Koel In Afrikaanz” uiter Dj Dinamiet:”Ek wil musiek in Afrikaanz maak wat ruk in die kasie”! Dj Dinamiet vermeng ‘n potpourri van dansmusiek, hip-hop en R&B op hierdie album. Die album is slegs op die internet beskikbaar by Rythm Online as individuele snitte. Dj Dinamiet sal voortdurend nuwe liedjies byvoeg, en hierdie manier van album vervaardiging is uniek omdat ‘n gewone album slegs ‘n sekere aantal snitte op ‘n gewone CD skyf kan druk. Dit gee ook aanhangers die geleentheid om slegs die liedjies aan te skaf wat hulle persoonlik geniet, in plaas daarvan dat om ‘n volle album te koop om slegs ‘n spesifieke liedjie te bekom. Om te luister na die vollengte liedjies vir ‘n beperkte tyd, gaan asseblief na die webwerf. Maak dit jou eie deur dit te kry op Rythm Records website. Vind Dj Dinamiet op Facebook