Warning: Trying to access array offset on value of type bool in /home/ramotsaj/public_html/wp-content/plugins/wp-word-count/public/class-wpwc-public.php on line 123
This seems to have been a good idea in principal. It’s a pity Michael Jordaan does not have the spine to resist the pressure from trade union Solidarity or white staff. My own experience with FNB since the age of 5 years old has been mostly good. That was until I started my own business in 2004 and that’s when the shocking truth of how banks see entrepreneurs in South Africa began to emerge. They are all part of a global cabal who has nothing better to do that charge high interest, ridiculously high banking fees for even depositing cash into your bank account. No wonder black people mostly withdraw the full amount of cash after they get paid to avoid paying bank fees on this or that 🙁
FNB CEO Michael Jordaan’s open letter published in Beeld today on the issue of FNB’s equal access to educational assistance:
Eerste Nasionale Bank het die afgelope week of twee onder kwaai kritiek deurgeloop oor ’n beursskema wat vanjaar vir die eerste keer beurse gaan uitbetaal aan die kinders van die bank se swart werknemers wat ingevolge die voorwaardes van die skema vir die beurse kwalifiseer.
Die bank is wyd beskuldig van rassisme en diskriminasie in sommige media, sommige vakbonde, werknemers en lede van die algemene publiek omdat slegs swart mense deur die spesifieke beurs bevoordeel gaan word. So groot was die ontsteltenis dat selfs ’n Facebook-groep: “No to FNB Racism!”, in die lewe geroep is en Twitter aan die brand gepraat is deur ontsteldes.
Dit is egter so dat die kritiek grootliks kom van mense wat nie al die feite tot hul beskikking het nie.
As uitvoerende hoof van Eerste Nasionale Bank kan ek die versekering gee dat dit geensins die bedoeling was om aanstoot te gee of om ’n sekere groep mense te bevoordeel ten koste van ander nie.
Ons begryp die emosie wat ontketen is. Swart ekonomiese bemagtiging is, ’n goeie 16 jaar in die Nuwe Suid-Afrika in, ’n teer punt in Suid-Afrika. Swart mense meen dikwels dat die ongeregtighede van die verlede nog nie reggestel is nie, terwyl sommige wit mense voel dat hulle nou die nuwe benadeeldes is.
Boonop is die kwessie in die media aangebied asof ons nie regtig omgee vir ons wit werknemers nie. Niks is verder van die waarheid nie. Dit is nie nodig om teen enigiemand te diskrimineer nie. Inteendeel is dit my persoonlike en ook Eerste Nasionale Bank se doelwit om ’n beter Suid-Afrika vir alle burgers te bou, ’n land waar swart ekonomiese bemagtiging uiteindelik nie meer nodig is om die ongelykhede van die verlede reg te stel nie. Hoe gouer ons by daardie punt kan uitkom, hoe beter vir ons almal.
Totdat ons daardie punt bereik, is swart ekonomiese bemagtiging egter nog iets wat in terme van landsbeleid van ons verwag word. Uit daardie oogpunt was ons mikpunt met die beursskema eerder om swart ekonomiese bemagtiging soos vereis toe te pas, maar sonder om net enkele swart individue te verryk soos dikwels die geval vir sodanige transaksies is.
Feit is dat swart ekonomiese bemagtigingstransaksies daagliks plaasvind. Ons kan nie daarby verby kom nie, dit moet gebeur. Daarom het ons gemeen dat, pleks van ’n paar individue, dit ’n veel beter opsie sou wees om op ’n wye front mense te probeer bevoordeel deur dit vir die kinders van swart werknemers moontlik te maak om hul opvoeding so ver as moontlik te neem deur beurse aan hulle toe te ken. Op daardie manier bevoordeel dit nie net ‘n klein groepie van dikwels reeds welgestelde mense nie. Eerder as kritiek waaraan ons blootgestel is kan mens argumenteer dat opvoeding en die jeug lofwaardige doelstellings is. So gesien behoort beurse aan swart kinders die rolmodel van toekomsstige swart ekonomiese bemagtingingstransaksies te wees.
Die beursskema maak deel uit van die First Rand Staff Assistance Trust wat gestig is as deel van ’n swart ekonomiese bemagtigingstransaksie wat reeds in 2005 tot stand gebring is. Die bevoordeeldes van die trust is vasgestel as die kinders van swart werknemers. Die trust het nou tot so ’n mate fondse gegenereer dat dit vir die eerste keer moontlik is om op ’n beperkte grondslag beurse te begin toeken. Daar is besluit dat kinders van werknemers wat minder as R100 000 per jaar verdien in aanmerking sal kom.
Dit beteken egter geensins dat wit werknemers benadeel word nie. Die beursskema ter sprake maak slegs ’n klein persentasie uit van die bank se bydrae tot opvoeding. Eerste Nasionale Bank bied ’n verskeidenheid beurse waarvoor alle werknemers kan aansoek doen, en die aansoekers word op slegs op meriete, soos skolastiese prestasie en behoefte, beoordeel. Dit is hierdie beurse wat ons in die toekoms, soos ook in die verlede, gaan gebruik om seker te maak dat niemand benadeel word nie, maar dat almal ’n gelyke kans het om vir beurse in aanmerking te kom, deur watter skema dan ookal.
Daar is geen rede waarom Eerste Nasionale Bank enigsins teen wit werknemers, of enige wit persone sou wou diskrimineer nie. Om in die moderne markekonomie te oorleef is hoogsmededingende besighede daarop aangewese om die beste staf aan te stel en te bevorder. As werkgewer wil ons aantreklike loopbaangeleenthede aan die bestes van alle groepe in die Suid Afrikaanse samelewing bied. Netso kan ons as diensverskaffer nie bekostig om enige van ons kliente te vervreem nie.
Benewens beursskemas is ENB ook ‘n trotse ondersteuner van verskeie inisiatiewe wat help om die nasie te bou, soos die 2010 FIFA Wereldbeker, South Africa – The Good News asook die Homecoming Revolution. Ek gesels dus dikwels met oorsese Suidafrikaners wat wik en weeg of hulle moet terugkom na hul geboorteland. Dit help nie om ‘n valslik positiewe beeld van ons land te skep nie, hul weet per slot van rekening presies wat hier aangaan – goed en sleg. Vrae oor misdaad, diskriminasie en werksgeleenthede moet reguit beantwoord word. Ons boodskap aan hulle se eenvoudig; “ Moenie wag tot dinge beter raak nie, kom huis toe en maak dit beter”. Dit is altyd verblydend hoeveel jongmense wat die Homecoming Revolution seminare bywoon wel op die uitnodiging reageer juis omdat hulle ‘n positiewe bydrae wil maak. Die boodskap wat ten opsigte van ons beurse oorgedra is, was feitelik erg verdraai. Soos vele ander besighede bly ons bedoeling suiwer om te help om ‘n beter land vir alle Suidafrikaners te skep. Diskriminasie en nasiebou is nie goeie vennote nie.
Diskriminasie is in der waarheid ’n saak waarmee ek op persoonlike vlak ook worstel. Ek het self drie jong dogters. Soos enige ouer bekommer ek my oor hulle toekoms. My hoop en vertroue is dat hulle gaan grootword in ‘n land waar daar nie teen hulle gediskrimeer gaan word omdat hulle blank (of vroulik) is nie. Ek glo die meeste Suidafrikaners deel in hierdie droom. Dis ‘n ideaal waaraan ons almal hard moet werk want dit gaan nie vanself gebeur nie. En die opvoeding van al ons kinders is ‘n goeie plek om te begin.
Comments are closed.